Virseker


Word 'n taal-held

Deur 'n Virseker-polis uit te neem, kry jy nie net toonaangewende voertuig- huis-, huisinhoud- en besigheidsversekering nie, jy stel ons ook in staat om Afrikaans te bevorder. Ons plaas elke maand 'n gedeelte van jou premie in die Virseker Trust, waar dit gebruik word om verskeie aspekte van Afrikaans te bevorder. Een daarvan is onderrig – ons skenk miljoene om Afrikaanse onderriginstansies te ondersteun, en om rentevrye lenings beskikbaar te stel vir jongmense wat in Afrikaans wil studeer.

Family hugging
People dancing while man plays the guitar | Hippo.co.za partner

Dra by tot 'n gesonde, gebalanseerde toekoms.

Nog 'n manier om ons taal te bevorder, is om Afrikaanse skolesport, kuns en musiek te ondersteun. So is ons byvoorbeeld die hoofborg van die Virseker Beker-rugbytoernooi, en ons ondersteun ook 'n verskeidenheid van Afrikaanse musiek- en kunstefeeste.

Trek voordeel uit jou versekering.

Virseker help nie net om Afrikaans te bevorder nie, maar gee jou ook uitstekende versekering, met al die voordele wat jy van 'n voor-in-die-koor versekeraar verwag, soos byvoorbeeld ons Gatsak Bonus.  As jy dié opsionele voordeel by jou polis voeg, en jy bly eisvry vir 4 agtereenvolgende jare, gee ons vir jou 25% van hierdie 4 jaar se premies, of jou eerste jaar se premies, watter een ook al die minste is, terug.

High five between two men
Couple with hands up in the air

Sluit aan by 'n horde gelukkige kliënte.

En nog 'n ding: Virseker is nie net sommer-so versekering nie – ons is vir drie agtereenvolgende jare deur die Suid-Afrikaanse Verbruikersbevredigingsindeks (SAcsi) aangewys as die nommer een-handelsmerk in die korttermynversekeringsbedryf. Dit beteken dat ons bestaande kliënte saamstem dat ons die botoon voer wanneer dit by kliënte-ervaring, produkte en waarde kom.

Car insurance

Virseker is 'n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, 'n gemagtigde Versekeraar en Finansiële Diensverskaffer. Enige verwysing na "ons", "deur" of "met" op hierdie webwerf/advertensie verwys na Auto & General.